RIVERSDAL NUUS - Die jaarlikse Voortrekker-ete van Riversdal Kommando het Vrydagaand 4 Augustus plaasgevind en soos elke jaar is dit goed deur die hartsmense ondersteun - dié mense van die Dal.
"Daar is heerlik saamgesing met liedjies soos Sarie Marais en Vat jou goed en trek, Ferreira. Ons kommando het weereens 'n puik groep Presidentsverkenners opgelewer en dit was 'n riem onder die hart om hul dankbaarheid teenoor die Voortrekkers aan te hoor."
"Ons kan trots wees op hierdie jongmense wat lief is vir hul land, hul Afrikaner-kultuur en ons Almagtige God," het Erna Boswell gesê.
Kontak neef Tielman Roos by 083 261 6630 vir enige verdere inligting rakende die plaaslike Voortrekkers.
ARTIKEL: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'