Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Brand het Vrydag 3 Augustus omstreeks 09:30 'n huis in Olieslagerstraat, skuins bo Voorwaarts Primêr, gedeeltelik verwoes.
Volgens Lorraine Gamba, oudonderwyser verbonde aan Gerrit du Plessis Senior Sekondêr het sy rook in die huis geruik en dadelik ondersoek gaan instel. Sy het gesien dat die een slaapkamer brand.
Die vuur het vermoedelik in die kleinkind se kamer ontstaan en na die res van die huis versprei. Dié slaapkamer met sy inhoud is totaal vernietig en die res van die huis se inhoud het water- en rookskade opgedoen. Die gesin moes uit die huis vlug. Een van die mans wat in die huis was, se hare en snor is geskroei, maar geen beserings is aangemeld nie.
Die plaaslike brandweer en polisie was op die toneel. Die gesin was te geskok om kommentaar te lewer.
Die woning, as 'Haarlem' bekend, is in 1953 gebou vir wyle David Rudolph Johannes Groenewald, eertydse leraar verbonde aan die Evangeliese Lutherse kerk en skoolhoof van die Lutherse Berlynse Sendingskool, nou Voorwaarts Primêr.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend.
A fire broke out in a house in Olieslager Street on Friday 3 August. According to Lorraine Gamba, she smelled smoke and immediately went to investigate.
Al die vensters het vermoedelik as gevolg van die hitte gebars.
Brandbestryders maak seker die vuur op die dak is geblus. Foto: Keith Eksteen, korrespondent
One of the rooms was on fire and started to spread to the rest of the house. The room with its contents was completely destroyed.
The rest of the house has smoke and water damage. The house is known as Haarlem and was built in 1953. No one was injured and the cause of the fire is still unknown.
Read a previous article: Huisbrand in Olieslager Straat
'We bring you the latest Riversdale, Hessequa news'