Update
ALBERTINIA NUUS - Die gemeenskap is Sondag 23 September in rou gedompel nadat drie jong vriende in 'n ongeluk dood is.
Die jong mans is uit 'n silwerkleurige motor geslinger nadat die bestuurder vermoedelik beheer oor die voertuig verloor het.
Met die aankoms van nooddienste is Cedrick Ruiters (27) en Francois Koller (22) op die toneel dood verklaar. Geraldo Kannemeyer (28) en Cornville Saayman is na Riversdal-hospitaal geneem waarna Kannemeyer aan sy wonde beswyk het.
Saayman het ernstige beserings opgedoen en is steeds in die hospitaal.
Die ongeluk het om en by 'n kilometer na die Soetmelksrivier afdraai, rigting Albertinia plaasgevind.
Volgens lt.kol. Delicia Isaacs, Riversdal-polisie stasiebevelvoerder, het die ongeluk na middernag plaasgevind. "Op die toneel het die gryskleurige motor skuins op sy dak gelê.
'n Saak van strafbare manslag word ondersoek." Viron Chester Julies het op Ruiters se Facebook geskryf: Waar begin ek neef? Ek dank God dat hy jou aan ons vir soveel jare geleen het, maar dit was gisteraand die laaste van jou en die gevoel van seer in my kan ek nie beskryf nie. Ons het soveel min tyd met mekaar deurgebring as gevolg van die afstand en dis moeilik om te verstaan dat jy nie meer daar is nie. Jy gaan beslis gemis word maar jy sal elke dag in ons harte wees.
Vriende, familie en selfs vreemdelinge het hul medelye op sosiale media uitgespreek:
Elizabeth Michaels: My condolences to the family, we don't no why but God knows. RIP
Rene Roothman: Harte is stukkend. Rus in vrede
Andrew Cameron: Dis vreeslik hartseer jissie gaan jou lag mis my kolega Cedrick Ruiters my rugby vriend kan dit nogsteeds nie glo nie
Vusiskhumbuzo Mazibuko: R.I.P MANNE
Gladys Hendricks: Baie sad sterkte vi hle familie
Trifowza Valentine: Cedrick Ruiters ek mis jou al kla my hubby. Kan dit nie glo nie. Kids is nog so klein dan.
Lees 'n vorige artikel hier: Ongeluk eis 3 lewens
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'