ALBERTINIA NUUSFLITS - Cedric Ruiters, Francois Kohler en Geraldo Kannemeyer is dood nadat die motor waarin hulle gery het, moontlik in die vroeë oggendure van Sondag 23 September, omgeslaan het.
Die ongeluk het naby Soetmelks-afdraai op die N2 gebeur.
Blykbaar was daar vier persone in die motor, waarvan twee op slag dood is en een in die hospitaal.
Die vierde persoon is ernstig beseer.
Volgens Hessequa-forensiese dienste is hul liggame reeds uitgeken.
Lees meer in volgende week se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'