ALBERTINIA NUUSFLITS - Past. David Prins en sowat agt van sy gemeentelede van die Christelike Vereniging Sentrum het verlede jaar met ‘n tuin op ‘n erf wat die NG Kerk beskikbaar gestel het.
Die uie, aartappels, spinasie, kool en ander groente groei pragtig en word aan behoeftiges uitgedeel na oes.
Theuns Coetzee, bekende sakeman van die dorp en eienaar van Tuinplaas, het ‘n petrolaangedrewe ploegie aan die groep geskenk om die erf om te ploeg.
Nog meer kan egter gedoen word om hierdie projek ‘n groot sukses te maak.
Indien iemand betrokke wil raak, kontak vir Prins by 082 291 7439 of Pieterse by 082 291 7439.
David Prins en Koos Pieterse werk heerlik in die tuin.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: JEFF GIBSON, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'