Sy het die groep baie vriendelik ontvang en eers so 'n bietjie agtergrond gegee, onder andere dat sy en haar man in 2002 die kleinhoewe van Ernie Els gekoop het.
Sy het vertel dat sy al sedert die ouderdom van 23 jaar met orgidieë begin werk het.
Volgens haar kom baie van haar orgidieë van Mexico en Brazilië en dat die orgidieë van Mexico van die Suid-Afrikaanse klimaat hou.
Lede kon hul probleemorgidieë saamneem om haar raad en advies te vra. Verskillende orgidieë blom in verskillende seisoene, so kan dwarsdeur die jaar blomme verkry word.
Dreinering is baie belangrik en Elsa maak gebruik van 'n mengsel van twee soorte bas, klippies en polistireen balletjies om dit in te plant en vertel dat die wortels ook lug moet kry.
Daarna het sy die groep na die kweekhuis geneem en was almal verstom oor die verskeidenheid orgidieë.
Die groep is daarna na 'n Turkse restaurant, waar almal op erg Turkse wyse ontvang is.
Daar is gesellig saam gekuier oor die heerlikste watertand geregte.
Die uitstappie is afgesluit met 'n besoek aan die Botaniese tuin waar talle inheemse bome uitgewys is, asook die Aalwynversameling van Gawie Dednum. Na 'n vol program het almal die terugtog na Riversdal aangepak.

Elsa Hall doen 'n demonstrasie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'