Gallery
RIVERSDAL NUUS - 'n Klompie tuingeesdriftiges van die Green Fingers-tuinbouklub (GFT) in Riversdal het op Woensdag 10 Mei op 'n dorpsuitstappie gegaan en verskeie interessante plekke besoek.
Eerste aan die beurt was die pragtige plaastuin van Dina en Emile van Druten op die Novo/Seekoegatpad waar hulle ook met lekker tee, koffie en eetgoed bederf is.
Die volgende stop was die kunsgalery van Marilise Lombard - The Shack - waar sy die klomp besoekers met 'n haar mengelmoes-tapisserie vasgeweef het.
Die uitstappie is met 'n wynproe by die Jouberts van Riversdal se gewilde Baleia Wyne teenaan die N2 afgesluit.
FOTOGALERY: Green Fingers-tuinbouklub dorpsuitstappie
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’