MELKHOUTFONTEIN NUUS - Nie eens die betonmure en hekke wat saans gesluit word, kon vandaliste verhoed om ‘n graf vroeër die week in die Melkhoutfontein begraafplaas te skend nie.
Die familie van die persoon wat onlangs begrawe is, was te geskok om enige kommentaar te lewer.
Die kruis was uitgeruk, blomme wat op die vars graf gestaan het, het verstrooid rondgelê en die hoop grond is vertrap.
Met Suid-Kaap Forum se besoek op 23 April aan die begraafplaas, was die graf reeds herstel.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'