STILBAAI NUUS - Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Stilbaai het op Vrydag 19 Augustus broodnodige toerusting vanaf die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid ontvang.
Dié toerusting sal deur die buurt- en plaaswagte in hul stryd teen die bekamping van misdaad gebruik word.
Volgens kapt. Johan van Tonder, stasiebevelvoerder van Stilbaai-polisie, speel die buurt- en plaaswagte 'n baie belangrike rol in die voorkoming van misdaad in Stilbaai en sal hierdie toerusting van groot hulp wees.
Van Tonder het die toerusting aan Danie Scholtz, koördineerder van die Platbosgebied oorhandig wat dit namens die GPF ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'