Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Heidelberg se gemeenskapspolisiërings-forum (GPF) se algemene jaarsvergadering wat Donderdagaand, 3 Desember moes plaasvind, moes uitgestel word omdat daar nie 'n voldoende kworum teenwoordig was nie.
Dit is nou vir Donderdag, 17 Desember geskeduleer. Dit sal weer in die Duivenhoks-gemeenskapsaal gehou word.
Die verrigtinge is deur ongeveer 20 inwoners bygewoon, waarvan die helfte aangedui het dat hulle geen kennisgewing van die beplande vergadering ontvang het nie. James Gelderbloem, wyksraadslid, het aangevoer dat selfs hy as die verantwoordelike raadsverteenwoordiger vir die GPF nie eens kennis gekry het nie.
Kyk 'n video hieronder
Volgens Don Sauls, departement gemeenskapsveilgheid areabestuurder wat as verkiesingsbeampte sou waarneem, is daar nie genoegsame kennisgewing aan die dorp se organisasies en besighede gegee nie. Daar was wel kennis aan 16 instansies deurgegee, maar net ongeveer sewe het aan die voorgeskrewe vereistes voldoen.
Sauls het bygevoeg dat kennis deur middel van pamflette, plaaslike koerante en indien moontlik, plaaslike radiostasies deurgegee moet word.
Instansies wat deel van die GPF wil vorm kan die aansoekvorm by die polisiestasie afhaal of met ao Alroy Windvogel, plaaslike polisiekommunikasiebeampte (028 722 1910) in verbinding tree om 'n vorm te bekom.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'