HEIDELBERG NUUS - Die nuwe bestuur vir Heidelberg se gemeenskapspolisieforum (GPF) is uiteindelik gekies.
Die algemene jaarvergadering het Donderdagaand, 8 April in die Duivenhoks-gemeenskapsaal plaasgevind.
Dié vergadering is verskeie kere uitgestel; eers as gevolg van die Covid-19-inperking en twee keer omdat daar nie ’n kworum teenwoordig was nie.
Instansies wat nog deel wil vorm van die GPF kan die aansoekvorm by die polisiestasie afhaal of met ao Alroy Windvogel, plaaslike kommunikasiebeampte in verbinding tree om ’n vorm te bekom (027 722 1910).
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'