HEIDELBERG NUUSFLITS - Louise Kluyts en die dames met die goue harte van die dorp het altesaam 20 komberse en 50 plus speelgoed aan Loretta Meyer (prinsipaal) van Neskuikentjie kleuterskool oorhandig.
Kluyts het in samewerking met Jacky Gildenhuys (bibliotekares) ’n groep vroue genader wat knap met brei- en hekelwerk is, om kombersies en ander sagte speelgoed vir die kleuters te brei.
Sy het die ouers veral aangemoedig om ’n nuwe vaardigheid aan te leer sodat hulle dit aan hul kinders kan oordra. Sy het aangebied om breiklasse in die nabye toekoms met behulp van die senior burgers te fasiliteer.
Lees meer in die Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'