Gallery
RIVERSDAL NUUS - Suid-Kaap Forum het senior burgers wat in tehuise in die streek woon en gedurende Januarie verjaar, met geskenkies bederf deur middel van ons Goue Oues-projek, gerugsteun deur skenkings vanuit die gemeenskap en besighede.
'n Besondere gelukwensing gaan aan Alida Booyens wat in Huis Lekkerbly op Stilbaai is en wat hierdie maand haar 104de geboortedag herdenk.
Dit is 'n groot mylpaal in enigeen se lewe.
Baie dankie aan The Blinds Factory van Stilbaai vir skenkings.
Die volgende persone was nie teenwoordig tydens die oorhandiging van die geskenke nie as gevolg van siekte of dat hul uithuisig was:
- Albertinia Versorgingsdienste: Minnie Kapp (01-01-1933).
- Huis Lekkerbly, Stilbaai: Alida Booyens (30-01-1914).
- Huis Zenobia du Toit, Heidelberg: Ester Davids (01-01-1934).
- Jan Lange, Riversdal: Myra Möller (05-01-1936) en Johanna Koen (26-01-1923).
- Ou Meule, Riversdal: Jessie Tudhope (10-01-1940),
- Herklaas du Preez (20-01-1931),
- René Paulsen (29-01-1932),
- Kotie de Jager (04-01-1939),
- Thelma Conradie (10-01-1939),
- Johanna van der Westhuizen (11-01-1937 en
- Wilma de Bruyn (17-01-1942).
- Stillerus, Melkhoutfontein: Lucretia Michaels (16-01-1990) en
- Lesa Daries (24-01-1933).
Ons wens aan u almal 'n gesonde en gelukkige jaar toe.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'