Gallery Video
HESSEQUA NUUS - Ongeveer vyf jaar het verloop sedert Suid-Kaap Forum met die Goue Oues-projek begin het, waartydens ons nie net senior burgers in ons tehuise met verjaarsdaggeskenkies bederf het nie, maar ook geskenke en soms optredes met spesiale dae, soos onder meer Paasfees, Moeders- en Vadersdae en Kersfees.
Die tyd het egter nou aangebreek om aan te beweeg en ’n ander projek aan te pak.
Ons sal verseker elke senior burger wat in dié tyd diep in ons harte gekruip het, baie mis.
Ons het vir die laaste keer op Donderdag 5 Desember 2019 die tehuise besoek en behalwe van die geskenkies wat uitgedeel is, het joernalis Deona Aucamp en haar sangmaat van Stilbaai, George van den Berg inwoners met die lied ‘May the good Lord bless and keep you’ trakteer.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'