Gallery
HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het senior burgers wat in tehuise in die streek woon en gedurende Julie verjaar, met geskenkies bederf deur middel van ons Goue Oues-projek, gerugsteun deur skenkings vanuit die gemeenskap en besighede.
Baie dankie aan The Blinds Factory, Pep Stores, Tabeel en Marianne Ellis van Stilbaai vir skenkings.
Die volgende persone was nie teenwoordig tydens die oorhandiging van die geskenk nie as gevolg van siekte of dat hul uithuisig was:
Albertinia Versorgingsdienste: Valerie Robbertze (18-07-1934).
Huis Zenobia du Toit, Heidelberg: Ella Badenhorst (01-07-1932), mev. E Beyers (01-07-1934), Harriet Coetzee (26-07-1935), Fred Eksteen (27-07-1930), Maurtiz Joubert (28-07-1935) en Lettie Joubert (05-07-1935).
Jan Lange, Riversdal: Kosie Saayman (13-07-1944).
Ou Meule, Riversdal: Jannie de Bruyn (05-07-1930), mev. CE Jacobs (02-07-1939), Bill Herbert (04-07-1923), Annatjie Janse van Rensburg (16-07-1930) en Helmien Oosthuizen (23-07-1940).
Stillerus, Melkhoutfontein: Catherine du Preez (12-07-1955).• Ons wens aan u almal 'n gesonde en gelukkige jaar toe.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'