HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het senior burgers wat in tehuise in die streek woon en gedurende Julie verjaar, met geskenkies bederf deur middel van ons Goue Oues Projek, gerugsteun deur skenkings vanuit die gemeenskap en besighede.
Baie dankie aan BrandChem, Riversdal, Mariana Ellis (Stilbaai), asook die volgende besighede op Stilbaai: Tabeel, Stilbaai Slaghuis en The Blinds Factory vir skenkings.
Die volgende persone was nie teenwoordig tydens die oorhandiging van die geskenk nie as gevolg van siekte of dat hul uithuisig was:
Albertinia Dienssentrum: Annette J Oosthuizen (06-07-1935) en Valerie Robbertze (18 07 1934).
Huis Stilbaai: Jacobus Kriel (21-07-1944), Miemie van Schalkwyk (23-07-1923) en Tina Vosloo (28-07-1931).
Huis Zenobia du Toit, Heidelberg: Ella Badenhorst (01-07-1932) en Fred Eksteen (27-07-1930).
Jan Lange, Riversdal: Kosie Saayman (13-07-1944) en Dina Snyman (20-07-1932).
Ou Meule, Riversdal: Bill Herbert (04-07-1923), Lourens Swarts (21-07-1934), Bruce Berger (13-07-1930) en Hester Herselman (13-07-1940).
Soeterus, Melkhoutfontein: Christina Moolman (07-07-1959).
Stillerus, Melkhoutfontein: Catherine du Preez (12-07-1955).
Ons wens aan u almal 'n gesonde en gelukkige jaar toe.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'