Gallery
RIVERSDAL NUUS - Suid-Kaap Forum het senior burgers wat in tehuise in die streek woon en gedurende Desember verjaar, met geskenkies bederf deur middel van ons Goue Oues-projek, gerugsteun deur skenkings vanuit die gemeenskap en besighede.
Baie dankie aan The Blinds Factory en Marianne Ellis van Stilbaai vir skenkings.
Die volgende persone was nie teenwoordig tydens die oorhandiging van die geskenk nie as gevolg van siekte of dat hul uithuisig was:
Albertinia Versorgingsdienste: Joan Theron (10-12-1946).
Huis Stilbaai: Petrus Janse van Rensburg (16-12-1930), Winda Robbertse (25-12-1934), Gwen van Eeden (27-12-1930), Alida la Grange (28-12-1929) en Daleen du Plessis (30-12-1929).
Jan Lange, Riversdal: Johanna Griesel (16-12-1933).
Ou Meule, Riversdal: Catherina Warnick (04-12-1930), Mercia Cockrell (13-12-1934), Nettie de Jager (19-12-1928), Frieda Strydom (26-12-1938), Rose Blou (26-12-1938) en Johanna Swart (20-12-1941).
• Ons wens aan u almal 'n gesonde en gelukkige jaar toe.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'