Update
RIVERSDAL NUUS - Bekende akteur en filmmaker, Jacques Gombault het die dorp op Maandag 23 Julie besoek.
Hy het spesifiek tot die tieners gespreek waarna baie van hulle inspirasie uit sy boodskap kon kry.
Gombault het bekendheid in Suid-Afrika verwerf vir sy rolle in Song vir Katryn saam met Valiant Swart. Hy het ook saam met internasionale akteurs in District 9 gespeel.
Hy was verskeie kere in sepies soos 7de Laan as 'n speurder te sien en het selfs in Getroud met Rugby gespeel.
Gombault is verder bekend vir films met 'n sterk etiese en Christelike boodskap. Sy eerste en bekendste is sekerlik Langgras.
Omdat hy 'n passie vir Jesus het en hierdie christelike boodskap oral wil verkondig, het hy Riversdal besoek en veral op die jeug gefokus.
Riversdal Moedergemeente het hul jeugweek Sondagoggend met Gombault as prediker afgeskop.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'