Update
RIVERSDAL NUUS - Bekende akteur en filmmaker, Jacques Gombault sal die dorp vir 'n jeugweek besoek.
Gombault het bekendheid in Suid-Afrika verwerf vir sy rolle in Song vir Katryn saam met Valiant Swart. Hy het ook saam met internasionale akteurs in District 9 gespeel. Hy was verskeie kere in sepies soos 7de Laan as 'n speurder te sien en het selfs in Getroud met Rugby gespeel.
Gombault is verder bekend vir flieks met 'n sterk etiese en Christelike boodskap.
Sy eerste en bekendste is sekerlik Langgras.
Omdat hy 'n passie vir Jesus het en hierdie Christelike boodskap oral wil verkondig, kom besoek hy dié dorp en gaan veral op die jeug fokus.
Riversdal Moedergemeente skop hul jeugweek Sondagoggend om 09:30 met Gombault as prediker af. Dit word opgevolg deur drie byeenkomste, vanaf Maandag 23 tot Woensdag 25 Julie.
Elke aandbyeenkoms vind by die Moedergemeente se kerkgebou in Kerkstraat om 18:30-20:00 plaas.
Almal is welkom om dit by te woon, maar veral tieners sal baie baat daarby vind.
Lees 'n vorige artikel: Akteur wil tieners bedien
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'