Lien sê sy het haar pampoenpitte by Karel Robertson van Heidelberg gekry wat in 2014 'n tweede plek behaal het tydens die Laerskool Bertie Barnard Pampoenfees met 'n 343kg-pampoen.
Sy sê sy het nie besef Goliat en sy maat Dawid, wat net so 'n entjie verder aan lê, gaan so groot raak toe sy die pitte geplant het nie.
"Ek pas vir Goliat nou baie goed op nadat my kinders 'n foto van hom op Facebook gesit het en die kommentaar baie positief was."
Lees môre meer in die Suid-Kaap FORUM, asook aanlyn.
