Gallery
RIVERSDAL NUUS - Goedgegun Primêre skool buite Riversdal het Woensdagaand 15 Mei Internasionale Familiedag gevier.
Volgens hoof Filicity Adams is dit die eerste keer dat hulle die dag in samewerking met die landelike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die ACVV aanbied.
Die doel was om hegter familiebande te smee in die gebied waar gesinsgeweld hoogty vier. Die fokus het op liefde en respek geval en die leerders het die tema met dansies, musiek en woordspeletjies uitgebeeld.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'