RIVERSDAL NUUS - Inwoners sal nog in Oktober weer in die swembad by Takkieskloof kan afkoel.
Oosie en Martie Pretorius, eienaars van Dibiki-Hartenbos-vakansieoord huur die geriewe sedert Augustus by die munisipaliteit.
"Ons is besig om al die geriewe op te knap," het Martie gesê. "Werk aan die swembad is grotendeels afgehandel en dit sal gedurende Oktober vir die gemeenskap oopgestel word."
Sy benadruk dat die swembad en braaigeriewe vir almal oop sal wees en nie net besoekers wat in die vakansiehuisies, oornagkamers en op die kampeerterrein oorbly nie. Volgens haar word nuwe kennisgewing-borde gemaak waarop die swembad- en ander tariewe aangebring sal word. Sodra die borde opgesit word, sal die swembad oopgestel word. Meer inligting oor die opening van die ander geriewe sal later in die media bekendgestel word. Besoek die webtuiste by www.dibikiriversdal.co.za vir kontakbesonderhede.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'