HESSEQUA NUUS - Verskeie klinieke het trofees vir die beste uitkoms vir die jaar tydens vanjaar se Hessequa-subdistrik gesondheidsfasiliteite se bestuurs-en-evaluasievergadering ontvang.
Alle aspekte van gesondheid word tydens dié vergadering bespreek, byvoorbeeld waar verbetering nodig is en waar positiewe resultate verkry word.
Hessequa het 'n goeie uitkoms gehad en fasiliteite met die beste uitkoms het 'n trofee ontvang.
Die volgende klinieke het trofeë ontvang
• Melkhoutfontein-satellietkliniek - Best Performance in Cervical Smear
• Stilbaai-satellietkliniek - Best Performance TB screening rate
• Riversdal-mobiel - Best Performance in Fully Immunized
• Riversdal- en Albertinia-mobiel - Best Performance in ANC Booking <20 weeks
• Heidelberg-mobiel - Best Performance in CYPR without Condoms
• Stilbaai-satellietkliniek - Best Performance in VCT screening Rate
Hessequa het ook vroeër vanjaar 'n skoonmaakkompetisie tussen die klinieke gehou. Die verskillende fasiliteite is deur gemeenskapslede, die voorsitter van die hospitaalraad en ook een van die skoonmakers van die hospitaal se administratiewe gebied beoordeel. Melkhoutfontein was die wenner, gevolg deur Stilbaai en Riversdal.
"Wat uitsonderlik was, is die feit dat die spesifieke skoonmaker, Surina Micheals, die Melkhoutfontein en Stilbaai klinieke skoonmaak. Dit toon net haar standaard van werk," het Elizabeth Visser, primêre gesondheidsorgbestuurder gesê.
Die vergadering is vanjaar anders gereël deur verskeie organisasies en rolspelers uit te nooi, omdat hulle voel die welstand van Hessequa se mense is almal se verantwoordelikheid. Hessequa uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, Simon Odendaal wat ook op die distrik se gesondheidsraad dien, koördineerders van organisasies sonder winsbejag, die polisie, gemeenskapslede, subdistriksbestuur en gesondheidspersoneel van die verskillende klinieke het die vergadering bygewoon.
Hessequa-subdistriksbestuur bedank die munisipaliteit vir die gebruik van die saal, Diederick Greyling vir die blomme en Riversdal Meals on Wheels vir die verversings.
Sr. Suzette Acker, Albertinia-mobiel.
Laurencia Swart (verpleegster) en sr. Elna van Zyl van Riversdal-mobiel.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'