STILBAAI NUUS - Hessequa het weereens ses blouvlagstrande vir die 2023/2024 seisoen.
Die strande is Jongensfontein, Preekstoel, Lappiesbaai, Stilbaai-Wes, Witsand en Gouritsmond.
Die toekennings is op 20 Oktober 2023 gemaak en slegs 48 strande het hierdie gesogte toekenning ontvang.
Daar is vier gebiede waarop strande gemeet word en dit is omgewingsbewustheid en opvoeding, water kwaliteit, omgewingsbestuur en veiligheidsdienste.
Hessequa Munisipaliteit kan met reg trots wees op hierdie toekennings, veral gegewe die feit dat hulle dit noual 'n jaarlikse instelling gemaak het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’