STILBAAI NUUS - Die items wat oorgebly het na afloop van Huis Stilbaai se jaarlikse basaar op 31 Maart, sal Vrydag 4 Mei vanaf 09:00 by die ontspanningsaal van die tehuis te koop aangebied word.
By al die tradisionele tafels en stalletjies, het die inwoners ekstra moeite gedoen met hul naaldwerktafel.
Die meeste items is deur die inwoners self gemaak. Gaan koop dus geskenke en nuttige artikels met die oog op die winter en ondersteun 'n verdienstelike saak.
Die bestuur en inwoners bedank die gemeenskap vir hul volgehoue finansiële ondersteuning.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'