Update
HEIDELBERG NUUS - Susan Tauté se huis in Diepkloofstraat, Heidelberg is oorstroom nadat 'n pyp net buite die huis in die vroeë oggendure van Woensdag, 10 Junie gebars het.
Volgens Tauté het sy ongeveer 03:30 opgestaan om badkamer toe te gaan, net om haar voete enkeldiep in water neer te sit. Sy het eers gedink sy het dalk 'n kraan oopgelos, omdat die water die vorige dag tot laat af was.
"Ek het eers besef wat gebeur het toe ek my voordeur oopmaak en sien hoe die water uit die grond borrel. Ek is erg gefrustreerd. Omtrent alles was nat en die skade is baie groot."
Tydens Suid-Kaap Forum se besoek was munisipale werkers besig om die ergste water op te droog en het hulle vir sandsakke gereël om rondom die huis te plaas.
Hier kan gesien word hoe diep die water in die huis was.
Vorige artikel: Gesin ly waterskade met gebarste pyp
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'