HEIDELBERG NUUS - Susan Tauté se huis in Diepkloofstraat in Heidelberg is in water gedompel nadat ’n pyp net buite die huis in die vroeë oggendure gebars het.
Volgens Tauté het sy Woensdagoggend, 10 Junie ongeveer 03:30 opgestaan om na die badkamer te gaan, net om haar voete enkeldiep in water neer te sit.
Tydens Suid-Kaap Forum se besoek was munisipale werkers besig om die ergste water op te droog en het hulle vir sandsakke gereël om om die huis te plaas.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'