ALBERTINIA NUUS - Albertinia se mans van die Lutherse Kerk op Albertinia is Sondag 13 Junie by die Gebedsmannebond deur pastoor J Grispe ingeseën.
Die voorsitter is Henry Jansen. Hulle leuse kom uit 1 Kor.16:13: "Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk."
Die mans se opdrag is om in die gemeente en gemeenskap te help, om afgedwaaldes te besoek en te ondersteun, asook om saam met ander mans te werk en te help bou aan 'n Christelike samelewing.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'