Keith Eksteen het Facebook as medium gebruik om 'n beroep op die gemeenskap te doen om die gesin te help.
"Deur Christene wat hul afhanklikheid van hul Skepper erken het ek die bedrag van R580 ingesamel. Met die hulp van twee kettingwinkels in die hoofstraat kon die 8-jarige tweeling hul nuwe skooljaar met nuwe klere, rugsakkies en skryfbehoeftes aanpak," het hy aan Suid-Kaap FORUM vertel.
Eksteen doen weereens 'n beroep op die gemeenskap om enige oortollige klere, boeke en speelgoed vir 'n noodbank te skenk in tye van noodsituasies soos brande of vloede.
Enige klere vir die twee dogtertjies sal verwelkom word. Skakel hom by 082 400 9760.
Agter van links is LuLindy van Vught, takbestuurder van 'n plaaslike supermark, Keith Eksteen en Marcele Buis, verkoopsassistent by 'n plaaslike klerewinkel. Voor staan die 8-jarige tweeling van die gesin wat al hul besittings in die brand verloor het.