HEIDELBERG NUUSFLITS - 'n Bekende en geliefde inwoner en onderwyser van die dorp, Maureen February (52) is Saterdagoggend 7 Oktober te ruste gelê.
Sy het Donderdagoggend 28 September na ’n kort siekbed gesterf.
Maureen het geruime tyd probleme met haar kolonklier ondervind en is ’n paar maande gelede met kanker gediagnoseer.
Sy het gereeld bestraling ondergaan.
Haar enigste broer, eerw. Johannes Paige het die begrafnisdiens by die kerk waargeneem.
Hy is die pa van Rudy Paige, Springbok skrumskakel wat nie die begrafnis kon bywoon nie as gevolg van sy insluiting in die span teen die All Blacks op Nuweland.
Sy laat haar eggenoot Gavin, twee dogters, Gaymore en Heleceen, 'n seun, Reevin, een kleindogter, asook drie susters agter.
Wyle Maureen February.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'