RIVERSDAL NUUS - Keith Eksteen, een van Riversdal se mees geliefde en bekendste inwoners is gister (Woensdagmiddag, 15 Julie) onverwags oorlede.
Die 48-jarige immergroen seder het na ’n kort siekbed van twee weke aan hartversaking in Riversdal hospitaal gesterf.
Sy niggie, Elima Mhatey wat hy as sy suster beskou het, vertel hartseer dat hy sowat twee weke terug begin kla het dat hy baie moeg word.
Rdl Chris Tauté, oud-onderwyser en –burgemeester en jarelange vriend en ANC kameraad, het gesê dat Hessequa ’n groot man wie diep spore in die gemeenskap getrap het, verloor het.
Keith was ook ‘n korrespondent vir Suid-Kaap Forum. “Keith was altyd besig om inligting te vergader en was besonder lief vir Riversdal se geskiedenis. Ons wens sy naasbestaandes en vriende alle sterkte toe in hierdie moeilike tyd,” sê Wilma Adamson, redakteur.
Dit is nog nie bekend wanneer sy begrafnisdiens plaasvind nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'