Gallery Update
HESSEQUA NUUS - Vanjaar se CANSA Relay for Life het amper dubbeld soveel geld geïn teenoor verlede jaar.
Die geleentheid het vanaf 18:00 Saterdag 11 November tot 06:00 Sondag 12 November op Riversdal rugbyveld plaasgevind met 19 spanne wat ingeskryf het.
Die totale bedrag wat ingevorder is, beloop R59 907.20 teenoor R31 344 verlede jaar.
"Ons is dankbaar teenoor elke persoon of besigheid in die gemeenskap wat bygedra het tot die sukses van die byeenkoms, hetsy dit finansieel, met deelname of optredes was," het Minette van Zyl, streekbestuurder volhoubaarheid van Suid-Kaap Kansa, Karoo-streek telefonies aan Suid-Kaap Forum gesê.
Die span wat die meeste geld ingebring het, is Jolly Gymmers met R7 270.50, met Cansa-rate wat kort op hul hakke gevolg het met R7 270.
Van Zyl het ook haar dank teenoor die komitee uitgespreek wat verantwoordelik vir 'n vol program regdeur die aand.
Die vrolike groep van Jolly Gymmers het die meeste geld ingesamel.
Volgens haar het almal entoesiasties aan die verskillende items deelgeneem, wat vir groot pret gesorg het.
"Ons het ook die 42 kankeroorwinnaars op 'n ete getrakteer en elkeen het 'n geskenkie gekry."
Cansa Relay for Life se komitee bestaan uit agter, van links: Mina Moolman, Hester Erasmus, James Stanley en Hetwig Scholts. Voor: Brenda Scholts, Chanel Louw, Mariaan Adams en Filicity Adams. Elfrieda Pieterse (voorsitter) en Sal Carter was afwesig tydens die neem van die foto. Foto verskaf
Team Mikes het baie moeite met hierdie bootjie gedoen.
Lees 'n vorige artikel: CANSA relay oortref alle verwagtinge
ARTIKEL & FOTO'S: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'