STILBAAI NUUS - Saterdag 24 September was 'n feestelike dag by die Brugmark in Stilbaai toe Rebecca Johnson en haar dansgroep van Kwanokuthula in Riversdal die mense verras het met hulle pragtige geestelike liedjies en danspassies.
Met die geestelike dansgroep het Rebecca hulle nie net van die strate af gekry nie, maar slaag sy ook daarin om hulle weer 'n doel in die lewe te gee en hulle waardigheid te herstel.
Daar is ook kinders wat sy van dagga af gekry het.
As daar enigiemand met 'n oop hand is wat wil help, kan jy gerus vir Rebecca kontak by 063 765 0191.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'