RIVERSDAL NUUS - Die insittendes van twee voertuie het sonder beserings daarvan afgekom toe die voertuie naby die Goukou-brug buite Riversdal op die N2-snelweg gebots het.
Die voorval het Vrydag, 18 September omstreeks 15:30 plaasgevind.
Die botsing volg na 13 mense die dood wonderbaarlik vrygespring het toe ‘n taxi op 28 Augustus op dié snelweg in die Zoutpan-omgewing tussen Riversdal en Stilbaai omgeslaan het.
Dit is onbekend hoeveel insittendes in Vrydag se botsing in die twee motors was.
Lees meer aanlyn en in die volgende uitgawe van Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'