STILBAAI NUUS - Giselle Courtney van Wellington het feesgangers fynbosliefhebbers gemaak in haar drie aanbiedings tydens die fees.
Haar twee uur lange demonstrasie het telkens die 18 mense rondom die langtafel fynbosgeure laat proe wat hulle nie gedink het bestaan nie.
Van kapokbos, verby renosterbos tot by boegoe het sy hulle gevat.
Hulle het geruik aan die bossie, hulle het geproe daaraan en hulle is vertel hoe om dit te gebruik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’