STILBAAI NUUS - Na navraag deur Suid-Kaap Forum het FNB se hoofkantoor die versekering gegee dat hulle ‘n mobiele OTM gaan plaas by OK Foods in Hoofweg-Wes.
Dit gaan later vervang word deur ‘n permanente OTM op die voorstoep van OK Foods.
Lee-Anne van Zyl, hoof- uitvoerende beampte vir verkooppunte by FNB moedig mense egter aan om gebruik te maak van aanlyn bankdienste of dan die FNB-toepassing en/of selfoonbankdienste.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’