ALBERTINIA NUUS - Albertinia se Kampioenboom, ook genoem die Fluisterboom, het gedurende die feesgety baie besoekers gelok.
Marietjie Coetzee, eienaar van Voëlroepersfontein Gastehuis en Skrywersretreat op wie se perseel die boom staan, vertel dat meer as ‘n honderd mense die boom sedert die bekendstelling in Augustus 2017 besoek het.
Die amptelike goedkeuring vir aanwysingsborde is al in September 2017 verleen, maar word nog gewag vir die mates vir die borde.
Meeste van die bewusmaking van die Kampioenboom is deur berigte in Suid-Kaap Forum, ander media, die internet, ‘n radiostasie en borde by die Engen-vulstasie gedoen.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees 'n verwante artikel: Luister as dié boom fluister
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'