RIVERSDAL NUUS - Flink optrede deur lede van Riversdal-polisie op Donderdag 18 Augustus het 'n verdagte agter tralies vir diefstal uit 'n voertuig.
Die lede het om 09:20 'n klagte ontvang van geld wat uit 'n Sasko-broodbakkie in Blandstraat gesteel is.
Die verdagte het in 'n wit Ford-bakkie gevlug, maar die lede het hom in Van Riebeeckstraat afgetrek.
"Die bakkie is deursoek en die geld wat in banksakkies was, is toe aan die passasierskant onder die sitplek gevind. Die verdagte het erken dat hy die geld uit die broodbakkie gevat het," het sers. Christaan Jansen, plaaslike polisiewoordvoerder gesê.
Die verdagte is deur konst. Mornay Hoffman deursoek, waarop hy drie sakkies tik en een Mandrax-tablet gekry het.
"Die verdagte is in hegtenis geneem op aanklagte van diefstal vanuit motorvoertuig, asook besit van tik en Mandrax.
"Die bedrag wat teruggevind is, is R3 550 en is aan die klaer oorhandig."
Die verdagte (middel) is deur konstabels Mornay Hoffmann, Mzamo Macewan, sersante Stafford Tarentaal en Ettienne Abrahams vasgetrek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'