Gallery
ALBERTINIA NUUSFLITS - Musikante van Johannesburg en Port Elizabeth, asook ’n welbekende kwaito-groep het gesorg vir ’n lekker atmosfeer tydens ’n familiedag op Vrydag 5 Oktober.
Die dag is met ’n verwelkoming en bedanking aan Eric Pietersen begin, omdat hy die dag moontlik gemaak het sodat families en vriende saam kan ontspan.
Die speaker van die Hessequa-raad, Andrew Stroebel het Pietersen bedank vir alles wat hulle gedoen het vir die dag.
Geen geweld of onaangename voorvalle is tydens die verrigtinge aangemeld nie.
Die organiseerders het almal bedank wat met die sekuriteit, snoepie en drinkplekke gehelp het.
Musikante van Johannesburg en Port Elizabeth, asook ’n welbekende kwaito-groep het gesorg vir ’n lekker atmosfeer tydens ’n familiedag op Vrydag 5 Oktober.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'