Gallery
HESSEQUA NUUS - Die immergewilde Hessequa Erfenisfees en Trail Run is vir die vyfde agtereenvolgende jaar deur Stilbaai-toerisme aangebied om ons ryk erfenis te vier, asook as 'n fondsinsamelingspoging.
Die dag is afgeskop met die 16 km Trail Run vanaf die getypoel in Jongensfontein tot by Palinggat-museum. Daar was ook 'n mini Trail Run oor 5 km vanaf die parkeerterrein by Skulpiesbaai tot by Palinggat.
Leon Adams van Riversdal was die eerste man oor die eindstreep in 'n baie goeie tyd van 1 uur 16 minute en 37 sekondes.
Fotogalery: Hessequa Erfenisfees en Trail Run
Ann-Mareé Mostert van Worcester was die eerste vrou met 'n pragtyd van 1 uur 26 minute en 37 sekondes.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'