HEIDELBERG NUUS - Die personeel van De Waalville Primêre Skool het kort voor die eindeksamens hul laaste foto's voor die kantoorblok geneem, ter voorbereding van die aanbou van hul nuwe skoolgebou volgende jaar.
Die boukontrakteur het reeds ‘n begin op die perseel gemaak deur ‘n gemeenskapskakelbeampte aan te stel, wat sorg vir die daaglikse take wat verrig moet word.
Die perseel is al redelik skoongemaak en die bouwerk sal in alle erns vroeg volgende jaar begin.
Die personeel het gemengde gevoelens gehad tydens die neem van die foto's en van die ouer lede sal seker met heimweë op die "plankieskool" soos dit ook bekend was, terugkyk.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'