HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-polisie is op soek na vyf mans wat gisteraand, Donderdag 23 Oktober om ongeveer 23:00 by 'n huis op Witsand gisteraand ingebreek het.
Die egpaar het geslaap toe die mans by hul slaapkamervenster ingebreek en hulle hande en voete met kussingslope vasgebind het. Dit is blykbaar vier swart mans en een bruin man.
Volgens ao Alroy Windvogel, plaaslike kommunikasiebeampte het hulle met die egpaar se VW Touran gevlug. Twee televisies, ‘n Samsung Galaxy selfoon, juweliersware, whiskey, asook R8 000 in kontant is ook gesteel.
Enigiemand met inligting word versoek om dringend met die polisie te skakel (028 722 1910 of jou naaste polisiestasie).
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'