RIVERSDAL NUUS - ‘n Chinese egpaar van Riversdal is Saterdag, 12 Maart van verdrinking gered deur ‘n buurtwaglid wat toevallig in die omgewing was.
Patrick Jonnson, buurtwaglid van Stilbaai-Oos het by die riviermond gestap toe hy opmerk dat twee persone wat in die water is, in die moeilikheid verkeer.
Volgens inligting het hy en nog twee ander persone die egpaar te hulp gesnel en na veiligheid gebring.
Albei is na Riversdal-hospitaal gebring. Die man is reeds ontslaan, maar die vrou is blykbaar nog in die hospitaal. Haar toestand is onbekend.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'