Gallery
MELKHOUTFONTEIN NUUS - Minister Tertuis Simmers van die menslike nedersettingsportefeulje in die Wes-Kaapse provinsiale kabinet het Vrydag, 17 September die sooispitgeleentheid in Melkhoutfontein waargeneem.
Hierdie behuisingsprojek is 'n lank gekoesterde droom wat uiteindelik bewaarheid word en gaan uiteindelik huisvesting aan 585 huiseienaars bied.
Hessequa se uitvoerende burgemeester, Grant Riddles het gesê dat sommige mense al 30 jaar vir 'n eie huis wag en dat hierdie projek sal verseker dat hulle wag verby is.
Fotogalery: Sooie gespit in Melkhoutfontein
Hy het die minister en sy departement bedank vir die harde werk wat hulle agter die skerms uitvoer om van die projek 'n reuse sukses te maak.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'