Gallery
HEIDELBERG NUUS - Die eerste skooldag van 2021 blyk by De Waalville Primêre en Kairos Senior Sekondêre skole op Heidelberg glad te verloop het.
By De Waalville het die grade 3 en 7 vir hul eerste dag aangemeld, terwyl grade 8 en 12 by Kairos aangemeld het.
Die graad 12-leerders moes gewone tyd aanmeld, terwyl die graad 8-leerders vanaf 11:00 moes aanmeld.
Fotogalery: Eerste skooldag op Heidelberg
De Waalville se graad 7-leerders het die sosiale afstand rustig gehandhaaf terwyl hulle wag om aan die ander Covid-19-regulasies te voldoen.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'