STILBAAI NUUS - Die NSRI Stasie 31 is Sondag 11 Junie uitgeroep na Lappiesbaaistrand, teenaan die riviermond, waar 'n dooie dwergspermwalvis uitgespoel het.
Daar was geen sigbare beserings nie en heel moontlik kon die walvis siek gewees het.
Aangesien die walvis alreeds dood was, het die NSRI besluit om die dier met een van hul bote die diepsee in te sleep.
Hulle hoop was dat haaie by die walvis sou uitkom voordat hy weer uitspoel.
Hierdie spesifieke tipe walvis is nie veel groter as 'n dolfyn nie en is omtrent 1,2 meter lank by geboorte en groei tot omtrent 3,5 meter.
'n Volwasse walvis weeg sowat 400 tot 450 kg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’