ALBERTINIA NUUS - Vermeende dwelmhandelaars wat beplan het om 'n besending dwelms in Albertinia af te lewer, se planne is Saterdag, 4 Julie omstreeks 17:30 deur die K9 Honde-eenheid, Langeberg in die wiele gery.
Sersant JM Spangenberg van K9 vertel dat hy inligting uit die gemeenskap ontvang het dat 'n spesifieke voertuig, afkomstig van Mosselbaai dwelms op 'n gereelde basis aan plaaslike handelaars lewer.
Die voertuig is met behulp van Albertinia-polisie afgetrek.
Twee plastieksakkies wat uit die motor gegooi is terwyl hulle gery het, is later deur Spangenberg en sy dwelmhond opgespoor.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'