ALBERTINIA NUUSFLITS - ’n Jong vrou en haar verskaffer, ’n buitelander wat as Chibuke Anyanen of T-Bag bekendstaan, is in afsonderlike voorvalle gearresteer.
T-Bag is op Maandag 7 Mei vanjaar gearresteer en het op 9 Mei in Riversdal-landdroshof verskyn.
Carmen Julies was op 25 April gearresteer en haar borg is Woensdag 7 Mei geweier nadat sy op verskeie klagtes van handeldryf in tik en kokaïene in Riversdal-landdroshof verskyn het.
’n Taakspan is verlede jaar Julie op die been gebring om die ewel van dwelms aan te spreek. Die groephoof, brig. Gerrit Jantjies het lede onder sy bevel geoogmerk vir hierdie ingewikkelde taak om die handelaar, verskaffer en gebruikers te identifiseer.
Die projek is Project Sunshine gedoop. Die saak word tans ondersoek.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'