HEIDELBERG NUUS - Die personeel van Duivenhoks-biblioteek wat self moeders is, het dit goed gedink om soos in die verlede ander moeders se harte te verbly.
Dit is moontlik gemaak deur 'n klein bederfie met die herdenking van Moedersdag.
Dié jaar was dit die beurt vir die personeel van De Waalville Primêr wat gebaat het. Lizomine Hendricks, Volenté Hoogbaard en hul kollegas het die vroue met lekkernye en klein geskenkies bederf.
Die goedhartigheid van Lizomine Hendricks en Volenté Hoogbaard het dit moontlik gemaak.
Die twee Samaritane, Lizomine Hendricks (heel links in wit) en Volenté Hoogbaard (heel regs in wit) saam met hul kollegas en die personeel van De Waalville Primêr. Hul breë glimlagte spreek daarvan dat hulle dit geniet en waardeer het. Foto: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'