ALBERTINIA NUUS - Die top besigheidspersoon van die jaar, asook top besigheid in die gebied is Vrydag 21 September deur die Mosselbaai Sakekamer by Jakkalsvlei Private Cellar bekendgemaak.
Albertinia Meubelvervoerders was die naaswenner in die top besigheid kategorie (groot klas) en Vanie Oosthuizen, besigheidsman en eienaar, is ook as naaswenner in die top besigheidspersoon kategorie aangewys.
Na sowat 12 jaar as eienaar meen Oosthuizen dat sy bekwame en lojale personeel eintlik die wenners is.
Oor sy toekenning in die top besigheidspersoon kategorie het hy gesê dat die stelling ‘agter elke suksesvolle man ’n sterk vrou staan’ die waarheid is en bedank hy sy vrou Elise vir haar volgehoue ondersteuning.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'